No Image Caption

Bybelse wysheid

Sanet Pearson
DR ANNES NEL

Klaagliedere 5:21: “Bekeer U ons tot U, Here, dat ons bekeer kan wees, gee ons weer die bestaan van vroeër.”

In die 19de eeu het herlewings op baie plekke in Europa, Amerika en Suider-Afrika uitgebreek. Duisende bekerings, buitengewone tekens en wonders, ’n nuwe werk van die Heilige Gees is opgeteken.

Toe iemand die Nederlandse predikant, Herman Kohlbrugge vra of hy ’n datum het toe hy tot bekering gekom het, het hy dadelik ‘ja’ gesê. Hy het 2000 jaar gelede op Golgota tot bekering gekom. Sommige mense was vererg oor wat hy gesê het. Hulle wou ’n dag en datum in sy leeftyd hê. Kohlbrugge wou egter iets anders beklemtoon. Hy wou sê dat Jesus se kruisdood die enigste vaste datum is waarop ons ons verlossing kan bou.

Ons emosies verskil en ons sonde word nie minder nie. Een van die gevaarlikste dinge wat kan gebeur, is wanneer mense hulle ervaring van bekering die norm vir ander mense maak. As jy dus nie op hulle eie manier tot bekering gekom het nie, is jy nog nie ’n “ware” Christen nie.

Nee, ons moet nie ons sekerheid bou op ons bekering nie, maar op God se genade. Op hoërskool het die Gideons vir ons ’n Bybel gegee. Daar was ’n plek waar ’n mens jou bekeringsdatum kon skryf. Ek het baie datums gehad, want elke keer as ek gesondig het, het ek gevoel dat my sonde die vorige datum ongeldig gemaak het. Ek het my misgis. God werk bekering deur sy genade (Jer 31:18). Sy genade is genoeg.

Here, dankie dat ons verlossing genade is en nie van my emosies en ervaring afhang nie, in Jesus se naam. Amen

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!