No Image Caption

Bybelse wysheid

Sanet Pearson
DR. ANNES NEL

Prediker 5:18: “God gee aan ’n mens rykdom en besittings en laat hom dit geniet. God laat die mens sy deel ontvang en sy werk met vreugde doen. Dit is ’n gawe van God.”

Iemand het ’n pragtige artikel geskryf oor die genade van genot. Ja, dit is ’n Christelike artikel. Ek het eenkeer op ’n roltrap gestaan. Toe ek bo kom, was twee meisies agter my. Een het gevra of ek gelukkig is. Ek het gesê dat ek is. Die een meisie het geantwoord: “Vertel dit vir jou gesig!”

Soms sien mense geen vreugde in Christene nie. Ons is soos perde met lang gesigte. Genot is nie altyd deel van ons Christelike tradisie nie. Ons hoor dikwels die uitdrukking: dit is so lekker, dit moet sonde wees.

’n Skotse predikant moes op ’n Sondag kerk toe ski as gevolg van ’n sneeustorm. Sy kerkraad was baie ontsteld. Ná ’n verduideliking het hulle gesê dis aanvaarbaar – solank hy dit net nie geniet nie!

Plesier en genot is ’n noodsaaklike deel van ons geloofslewe. Ons hoor telkens die oproep om die lewe te geniet in hierdie pessimistiese boek van die Bybel. God gee lewe, kos, drank, posisies en besittings. Die bedoeling is nie dat ons dit halfhartig moet geniet nie, maar dit moet gebruik!

Om nie die lewe en sy gawes met vrymoedigheid te geniet nie, is ’n klap in die Gewer se gesig. Daarom, geniet elke oomblik van die lewe. Geniet elke geskenk uit sy hand. Hy is gelukkig as jy ook gelukkig is.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!