Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Psalm 62:2: “Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding.”
Ek is bang vir hoogtes. Daar is ’n kabelkar na die bokant van Tafelberg in Kaapstad, maar ek verkies om die berg op te stap. Enigiets tydelik – kabelkarre of hysbakke – laat my hande sweet. Ek verkies vaste grond.
Vaste grond is waarvan die Psalmdigter praat. Die digter kontrasteer twee moontlikhede. Jy kan besluit om op mense staat te maak. Dit is natuurlik ’n verskriklike waagstuk. Sy lewe is soos ’n muur wat enige oomblik kan ineenstort. Mense is soos gras wat vinnig vergaan. As jy ’n mens op ’n skaal sit, weeg hy selfs minder as niks (62:10)!
Dit is ’n waarheid wat die Bybel deurgaans beklemtoon. Mense is tydelik. Ons kan nie op onsself of ander mense staatmaak nie. Die beste van die beste sal vergaan.
Daarteenoor is God soos ’n rots. Wie op Hom vertrou, het stabiliteit en sekerheid in die lewe – al is die lewe baie onseker. God is die een vaste punt in ons lewens. Hy is soos ’n skuiling wanneer die storms van die lewe woed. Geen probleem is te groot of te klein vir Hom om te hanteer nie. Daarom sê Psalm 62:8: “Vertrou altyd op Hom, my volk, stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons ’n toevlug.” ’n Deel van hierdie vers word ook in een van die Engelse weergawes van die Bybel vertaal met die volgende: “Tell Him all your needs!”
Ek hou van vaste, onbeweegbare grond. As ek daarop loop, dink ek aan God.
Dankie Here dat my bekommerde en moeë hart by U rus vind. Amen.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie