Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Psalm 24:1: “Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here.”
Ed Dobson, ’n leraar gebore in Noord-Ierland wat later na die Amerika verhuis het, was van mening dat etiek betekenis aan ons lewens gee. As ons ons etiek laat vaar, hou ons lewe op om sin te maak, ongeag ons professionele grade en kwalifikasies.
Wat het dit met Ps 24 te doen? Die Psalm begin met die belydenis dat die Here alles gemaak het (24:1). Jerusalem was die stad van God, die magtige Koning. Hier is hulle herinner aan alles wat die Here vir eeue gedoen het om hulle sy volk te maak.
Dit was egter nie al wat hulle daar geleer het nie. Hier het hulle etiek bepaal of hulle in God se teenwoordigheid kon kom. Slegs hulle “wie se hande rein en wie se hart suiwer is, wat alle bedrog vermy en geen vals eed aflê nie” kon in die teenwoordigheid van God staan (24:4).
Moraliteit is nie ’n opsie nie. Dit wys dat ons ernstig is oor God. Wanneer ons bely dat die Here alles en almal gemaak het, dat Hy mense deur die eeue gered en my gered het, sal ons ook sorg vir sy aarde, sy mense, sy diere, sy plante. Ek sal met integriteit lewe soos Hy dit wil – met skoon hande en ’n hart gefokus op Hom. Ons doen dit eers regtig wanneer die wêreld van God en sy mense vir ons net so belangrik is as wat dit vir Hom is.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie