Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Markus 2:14: “Toe Hy by die tolhuis verbygaan, sien Hy vir Levi seun van Alfeus daar sit, en Hy sê vir hom: ‘Volg My!’ Levi het opgestaan en Hom gevolg.”
Ons moet die stories van die verlede oorvertel sodat ons nie die verskriklike verlede sal herhaal nie. Die evangelies is verhale wat oorvertel is sodat ons onsself daarin kan sien.
Die verhaal van Levi help ons eerstens om te verstaan wie ons is. Dink aan Levi se verbasing toe Jesus Hom geroep het. Belastinginvordering was die werk waaraan die grootste sosiale stigma geheg was. Belasting het na die Romeine gegaan. Levi was dus nie die mees geliefde persoon nie. Die Jode het gedink dat tollenaars onpatrioties was.
Herman Waetjen skryf dat hierdie mense ook die onderdruktes geword het. Hulle is uitgebuit deur die mense bo hulle, verag deur die mense onder hulle.
Maar! ... Sy verlede en sy agtergrond en godsdienstige onreinheid het Jesus nie verhinder om met hom te assosieer nie. Hoe verbasend is die genade van God! Ons verhaal is die verhaal van genade, ten spyte van sonde.
Laat ons nooit ons storie vergeet nie! Dan sal ons ook meer genadig word wanneer ons na ander mense kyk.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie