Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Psalm 84:2,3: “Hoe lief het ek u woning, Here, Almagtige! Ek versmag van verlange na die tempel van die Here.”
In een van die besigste strate in Birmingham, Engeland, is daar op ’n kerk se kennisgewingbord geskryf dat enigiemand wat dink Christenskap is “vervelig”, hulle op Sondae moet kom besoek.
Ek het nooit daarheen gegaan nie, maar ek het baie oor hierdie gewaagde stelling gedink. Wat beteken dit? Vermaak hulle mense? Is die prediking opwindend?
Is die kerk vervelig? Dit is die verkeerde vraag. Die fout lê in nege uit tien gevalle nie by die kerk as instituut, by die musiek in die kerk of by die prediker nie. Die fout lê by my verwagting.
Naas die pelgrimsliedere (Ps 120-134) en Ps 42 en 43 is hierdie sekerlik een van die gedigte wat die suiwerste verlange na God se teenwoordigheid uitdruk. Ons gaan nie meer tempel toe nie, maar ons het beslis God se teenwoordigheid nodig. Vir die digter is God se teenwoordigheid soos om tuis te kom (84:4,5), soos reën na droogte (84:7), soos ’n inspuiting met nuwe krag (84:8).
Wanneer ons ontdek dat God die bron van ons lewens is, dat Hy die lewende, lewegewende God is (84:3,8), maak dit ’n verskil. Dit vul ons lewe met dankbaarheid en liefde. Daar behoort ’n ywer te wees om voortdurend na oomblikke saam met hierdie God te deur te bring.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie