No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Jes 30:15: “Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.”

Realisme is ’n goeie woord om te gebruik as jy God nie wil vertrou nie. Jy moet jou verstand gebruik! Dikwels is hierdie woorde niks anders as ongeloof nie. Toe Assirië die mense van Juda bedreig het, word hulle opgeroep om net op God te vertrou (30:15). Ongelukkig was dit te veel gevra. As die vyand aan jou voordeur klop en die dood op jou stoep staan, soek jy nie woorde wat sê dat jy moet ontspan nie. Daarom het Israel besluit om liewer by Egipte te gaan hulp soek. Die spook van Agas se sonde (Jes 7) het nie gaan lê nie. Mag en geweld, perde, strydwaens en koalisies was ’n beter opsie as om op God te vertrou.

So het hulle hul rug op God gekeer. Hy het hulle uit Egipte bevry. Hulle hardloop terug na Egipte met geskenke.

Wat sou jy gedoen het? Spurgeon het gesê dat ons in alles en oral die Here moet vertrou. Geloof het te doen met brood en water, klere en sokkies, kinders en vee, huishuur en weer. Dit is goddelike genade in die huis, in die kombuis, in die werkwinkel. Ons gaan Hom vertrou vir ons boerdery en ons oes en ons koeie – al is dit moeilik.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!