Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Rom 6:20,21: “Toe julle slawe van die sonde was, was julle nie in diens van God nie. Die uiteinde van dié dinge is die dood.”
Wat is sonde? Pous Gregorius die Grote het in die sesde eeu trots, jaloesie, brassery, begeerte (lus), wraak, gierigheid en luiheid as sewe doodsondes gelys.
Moderne beskrywings van sonde sal seker ’n bietjie anders lyk. Daniel D. Williams Skryf dat gebrek aan vertroue, selfliefde en selfbelangrikheid die drie maniere is waarop Christene die ware betekenis van sonde beskryf het. As ons nie in diens van God is nie, is ons in diens van onsself. Dis selfgerigtheid. Hoe ons sonde ookal wil beskryf, lê die wortel van alle kwaad in onsself. As ons nie die probleem van ons sonde raaksien nie, kan ons ook nie insien dat ons verlossing nodig het nie.
Verlossing van onsself is die grootste gawe van God! Dit word aan ons uit genade geskenk. Maak jou hande oop om dit te ontvang. Dis die begin van ware vryheid.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie