Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Jakobus 4:2: “Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op ’n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle.”
Sonde is om ingebuig te wees na jouself het Martin Luther gesê. Dis wanneer ons soos ’n spinnekop in die web reg in die middel van ons wêreld sit.
Terwyl die belangrikste persoon in ons lewe onsself is, vergiftig ek ook die lewe van die mense rondom my. Ons sonde benadeel ons verhouding met ons medemens ernstig. Dit lei tot twis en rusie, want ons dink net aan onsself. Ook ons verhouding met God ly daaronder. As ons bid, ontvang ons nie, omdat ons gesindheid verkeerd is: dit gaan net oor selfsugtige begeertes.
Jakobus se oplossing word op verskeie plekke in sy brief duidelik gemaak. Dit kom elke keer op dieselfde neer. God se woord, geloof in Hom, beteken om lief te hê. Ons aandag verskuif weg van onsself na ander en hulle behoeftes. Hulle situasies word geleenthede om lief te hê.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie