No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Matt 6:32,34: “Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.”

Ek het versekering as ’n nagraadse student verkoop. My grootste uitdaging was om mense te oortuig om dit te koop. Ek het verduidelik dit beskerm ons besittings teen diefstal, ander skade en wanneer ’n ramp soos siekte of dood ons tref. Jy sou dink dat hierdie realiteite en die angs van mense goed sou saamwerk om polisse vinnig te verkoop.

Ja, dit is ’n noodsaaklike oplossing. Tog, met al die polisse in die wêreld het ons steeds God se hand op ons lewens nodig. Jesus sê hoe God se hart vir ons klop. Hy weet wat ons nodig het, selfs voordat ons dit weet! Daarom kan ons oor môre ontspan. Môre sal God steeds daar wees om na ons om te sien. Net soos die lelies van die veld en voëls uit God se hand leef, mag ons ook uit sy hand lewe. Die sambreel van God se sorg is altyd oop oor ons.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!