Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Matteus 6:33: “Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God.”
Iemand sê dat baie gemeentelede wat sing dat ons op God se beloftes moet staan, net in die gebou sit. Daar is geen beweging nie. Hulle is gelowig en goed, maar hulle leef net van Sondag tot Sondag en gaan dan huis toe en bekommer hulle oor die slegte ekonomie, die oorloë en rampe in die wêreld.
Ons bekommernisse en angs oor môre hou geen voordeel in nie. Tog is daar iets waaroor ons baie bekommerd moet wees. Ons moet ons energie daarop spandeer en dit moet ons met ’n passie vul. Wat is dit? Die voëls en lelies word as voorbeelde gebruik in Matteus 6. Die voëls doen nie tipiese manlike werk om in skure bymekaar te maak nie (6:26). Die lelies van die veld doen nie tipiese vroulike werk om klere te maak nie (6:28). Dit is nie waarvoor hulle gemaak is nie. Hulle vervul slegs hulle doel om te sing en te blom.
Ons moet ons energie bestee op dit waarvoor God ons gemaak het. Ons is gemaak om sy koninkryk en wil te soek (6:33). Dit is die doel van ons lewe. Ons behoort baie bekommerd daaroor te wees. Ons staan dalk op sy beloftes, maar ons kan nie terugsit en dit net geniet nie. Ons het werk om te doen.
Here, stel my in staat om die doel van my lewe te vervul. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie