No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Psalm 90:12: “Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom.”

Die bekende Switserse-Amerikaanse psigiater, Elizabeth Kübler-Ross, het gesê die ontkenning van die dood is deels daarvoor verantwoordelik dat mense leë, doellose lewens lei. Die rede is eenvoudig: wanneer ons lewe asof ons vir ewig sal lewe, word dit so maklik om die dinge uit te stel wat ons weet ons moet doen. Ongelukkig voel ons soms onsterflik. Die Psalmdigter herinner ons daaraan dat baie sterk mense tot 70 of 80 leef, maar dat ons lewens vlieg! Dit sal binnekort verby wees. Daarom pleit hy by die Here om hom dag na dag met sy goedheid te oorlaai sodat sy lewe sinvol kan wees en hy wyser kan word.

Kübler-Ross skryf dat wanneer ons regtig ten volle verstaan dat elke dag wat ons wakker word dalk die laaste is wat ons het, sal ons die tyd gebruik om daardie dag te groei, te word wat ons werklik is en om uit te reik na ander.

Jy het net vandag om dit te doen.

My gebed is dat die God wat Jesus uit die dood opgewek het, jou vandag sal toerus sodat jy sy wil kan doen (Heb 13:20-21).

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!