Bybelse wysheid (002)
Bybelse wysheid (002)

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Lukas 22:25,26: “By die nasies is dit so: konings speel oor hulle baas... Maar by julle moet dit nie so wees nie. Inteendeel, die belangrikste onder julle moet soos die geringste wees, en die een wat die leier is, soos die een wat dien.”

In hierdie gedeelte waarsku Jesus sy dissipels teen die gevare daarvan om belangrik te wil wees. Hulle wou leiers wees. Op sigself is dit nie verkeerd nie, maar Jesus plaas sy vinger op die probleem met hierdie begeerte. Sommige mense wil belangrik wees om ander te oorheers en te beheer. Dit kan soveel pyn in die lewe van ander veroorsaak.

Dit is nie ʼn Christelike lewenstyl nie. Christene volg hulle meester. Hy was ʼn dienskneg. Hy het baie meer gedoen as om mense te dien met sy tyd en onderrig. Hy het sy lewe as ʼn losprys vir ons gegee – om ons vry te maak (Markus 10:45).

John Killinger skryf daarom tereg dat ware geluk nie in mag en invloed gevind word nie. Ware geluk is om dienaars te wees, ons lewens oop te maak vir die genesende, liefdevolle krag van God, sodat dit deur ons kan vloei en ʼn seën vir almal rondom ons kan wees.

Here, maak my lewe ʼn seën vir ander, ter wille van Christus. Amen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!