Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Johannes 19: 28,30; “Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: ‘Ek is dors.’ Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: ‘Dit is volbring!’”
Die laaste kruiswoorde van Jesus in die Johannes-evangelie is: “Ek het dors” en “Dit is volbring”. Dit is onskeibaar. Natuurlik was Jesus fisies dors voor sy dood. Dit is egter meer as dit. Vroeër in die lydensverhaal sê Jesus dat Hy die beker sal drink wat God aan Hom sal gee (18:11). Jesus se honger en dors is om God se wil te doen (4:32-34). Ook hier dors hy daarna om God se wil te doen. Sy woorde: “Dit is volbring”, beteken dat Hy gedoen wat God van Hom gevra het. Hy was tot die einde toe gehoorsaam. Jesus aanvaar sy dood doelbewus as die vervulling van God se wil – tot die einde toe.
“Dit is volbring,” sê Karl Barth, beteken ook dat wat plaasgevind het, nie voorlopig was nie. Dit is finaal. Dit is totaal en perfek. Niks hoef daaraan toegevoeg te word nie. Dit hoef nie verbeter te word nie. Dit is nuut. Dit is die einde van die oue.
Hoe reageer hierop? Ons doen dit, sê Flip Theron met die uitroepteken van ons lewe. Geloof is ’n uitroepteken na die woorde: “Dit is volbring!” Elke Sondag is ’n jubelkreet: “Dit is volbring!” Elke nagmaal is ’n vreugdekreet: “Dit is volbring!” Elke goeie werk, elke liefdesdiens, elke erediens is ’n uitroepteken na Jesus se woorde, “Dit is volbring!”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie