Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Jesaja 43:24,25: “... jý het Mý belas met jou sondes, jy het My moeite aangedoen met jou oortredinge. En tog is dit Ek wat jou opstandigheid vergewe. Ek is getrou aan Myself, Ek dink nie meer aan jou sondes nie.”
Een van my studente groet my altyd met die woorde: “Jesus is die Here!” Soms voel die woorde leeg. Die realiteit van ons lewens is anders. Ons sukkel met omstandighede. Ons worstel met ons sonde.
Tog is Jesus die Here. Hy het opgestaan! Dit beteken dat hy elke vyand wat ons lewe nou en in ewigheid met Hom kan bedreig, verslaan het. Hy het die angel van die dood uitgetrek, dit wat die dood gevaarlik maak, naamlik ons sonde. Die diepte van hierdie vergifnis word geïllustreer deur die woorde van Jesaja. Dit is ’n misverstand om te dink dat vergifnis beteken dat God geheueverlies het. God herinner die mense eintlik aan hulle verlede. Dit maak egter die wonderwerk van vergifnis soveel groter – om te vergewe terwyl Hy ons verlede en ons mislukkings onthou. Dis hoe groot God se liefde vir ons is.
God sê: Ek dink nie meer aan jou sondes nie. Ek hou nie meer jou sondes teen jou nie. Dit maak nie meer saak nie, al kan ek alles baie goed onthou. Dit is vergifnis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie