Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Psalm 145:13: “U koningskap is ’n koningskap vir alle tye, u heerskappy strek oor die geslagte heen.”
Die Romeinse keiser, Marcus Aurelius, het gesê dat angs oor enigiets buite ons die ervaring van pyn kan veroorsaak. Hierdie pyn is nie die gevolg van daardie spesifieke uiterlike saak nie, maar van ons eie beoordeling daarvan.
Wanneer ons vasgeketting is deur ons ingesteldheid, kan ons nie goed sien nie. Realisme sonder geloof lei tot pessimisme. Realisme van geloof lei tot hoop. Met ons geloofsbril op, lyk die werklikheid anders en verander ons perspektief.
Geslag na geslag toon God se getrouheid, ten spyte van omstandighede. Oliver Cromwell se sekretaris was eenmaal op ’n belangrike reis. Hy het slapelose nagte gehad en was angstig. Hy het ’n amptenaar vertel hoe angstig hy was en hy die gevoel het dat iets verskrikliks sou gebeur. Die amptenaar het toe drie vrae gevra: “Het God geregeer voordat ons gebore is? Sal God regeer na ons dood?” Elke keer het die sekretaris “ja” gesê. Die man het gesê: “Hoekom sal God nie nou in hierdie nag en op hierdie reis regeer nie?” Die sekretaris het teruggegaan en rustig geslaap.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie