Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Jesaja 5:8: “Ellende wag vir julle.”
Iemand het gesê geld kan jou nie gelukkig maak nie, maar hy sal eerder ongelukkig wees en geld hê. Die begeerte na meer geld en besittings teen elke prys lei elke dag tot meer hebsug. Jesaja het gedurende ’n tyd toe handel tussen nasies toegeneem het, opgetree. Die ekonomiese welvaart het egter gepaard gegaan met ’n dreinering van geloof. Ons lees van materialisme en hebsug (5:8). Ons lees ook van selfgesentreerde plesier (5:11,12,22,23). Afgodery was normaal (5:18,19). Geen wonder daar was verwarring oor moraliteit nie (5:20).
Ses keer in Jesaja 5 word gesê ellende wag op die volk. Die Here sal net so min genade aan hulle bewys as wat hulle aan hul medemens bewys het.
Die Here verag onreg. Die wese van ons Christelike geloof word getoets wanneer ons met ons medemens omgaan. Daar sien God of ons sy liefde vir ons verstaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie