Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Rom 12:2 – “. . . maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.”
Neil Verwey was lank ’n sendeling in Japan. Hy vertel van ’n hysbakoperateur wat by ’n universiteit gewerk het. Sy was meestal redelik onbeskof. Sy het egter besluit om positiewer te wees. Die storie lui as volg: “Die volgende dag het sy met ’n glimlag begin! Dit was ongelooflik moeilik maar sy het vasgebyt. Elke dag het sy met haar nuwe gesindheid volhard. Mense het haar om raad genader. Sy het later as ‘Die Oplosser van Probleme” bekend gestaan. ’n Paar duisend mense het haar begrafnis bygewoon. Haar gewildheid het sy te danke daaraan dat sy haar houding teenoor die lewe verander het.” ’n Mens se lewe word ’n erediens wanneer God ons gesindheid of denke vernuwe. Dit gebeur wanneer ons die omgee van God verstaan. Christus het nie iets van Homself gegee nie, maar Homself. Dan word my lewe ’n offer. Wanneer ons onsself in die hande van God oorgee, word God se wil soveel duideliker. Eintlik is dit God se wil. Dit is die begin van voortdurende vernuwing.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie