Bybelse wysheid
Romeine 3:23,24: “Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.”
’n Sendeling in Japan, wyle Neil Verwey, vertel van ’n gier wat in Japan ’n paar jaar gelede pos gevat het – goeie dade deur tienermeisies! Hulle het ’n plakker vir hul hemelse paspoort verdien elke keer as hulle iets soos vullis optel, of hul eie wasgoed gewas het. As sy 100 plakkers versamel het, sou ’n wens waar word.
Die Christelike geloof is nie gebou op menslike verdienste nie. Genade word nie in ruil vir goeie werke gegee nie. Nee, God gee dit verniet op grond van sy genade. Daar is nie iets soos “onverdiende genade” nie. Genade is per definisie onverdiend. God se genade skenk die ewige lewe! God se genade word in Christus duidelik. Christus se offer het die versoening bewerkstellig wat ons nie vir ons sondes kon bring nie. Hy het ons plek ingeneem. Hy het die straf vir ons sondes gedra. Nou dien ons hom met geloofsdade omdat ons vry is, nie om ’n plakker vir ons hemelse paspoort te kry nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie