Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Galasiërs 5:25: “Aangesien ons deur die Gees lewe, laat ons in pas bly met die Gees.”
Jy ken dalk die storie van ’n ma wat haar seun in ’n militêre parade sien marsjeer het. Hy was uit pas. Toe sê sy: “Kyk al die ander soldate is uit pas. Net my seun is in pas!” Om in pas met die Gees te wees is soms so. Ons is uit pas met die wêreld. As ons die praktyke van die sondige natuur in Galasiërs 5 van nader bekyk, is dit duidelik dat dit ’n chaotiese gemors van selfgesentreerdheid is (5:19-21).
Om ’n Christen te wees, is om in ’n voortdurende stryd te wees teen die neiging van ons harte om in pas met die wêreld te stap, in plaas van in pas met die Gees. Ons ken almal hierdie stryd. Ons hele lewe is ’n pelgrimstog op pad na die Beloofde Land. Op hierdie reis maak ons baie foute en pleeg soms “ernstige” sondes. Ons sondige natuur is in direkte konflik met die werk van die Gees.
Laat die Gees jou vandag lei. Hy sal jou in staat stel om die neigings van jou hart te oorkom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie