Bybelse wysheid
Psalm 149:1: “Sing ’n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot sy lof in die vergadering van sy troue dienaars.”
Dis ’n ongemaklike psalm. Die bekende teoloog, Walter Brueggemann, sê prontuit dat hy nie weet hoe om hierdie psalm te interpreteer nie. Hoe loof jy die Here as jy ’n tweesnydende swaard in jou hand het (149:6-8)? Hoe verheug jy jou in God terwyl jy ’n vonnis voltrek (149:9)? Hoe kan jy God eer terwyl jy wraakgedagtes koester? (147:7)? Lofprysing gekoppel aan hierdie houding maak nie sin nie.
Miskien moet ons dit in die konteks van die hele bundel psalms verstaan. Psalm 1 begin met gehoorsaamheid aan die wet en Psalm 150 eindig met lof aan God. Psalm 2 sê dat God op sy troon sit en lag vir nasies se planne en sameswerings. Die teoloog, Claus Westermann, sê dat Psalm 149 Psalm 2 bevestig. God het inderdaad mag oor die nasies en bring nou geregtigheid. Sy mense het reeds die oorwinning omdat God by hulle is. Hy is hulle Skepperkoning (149:2). Daarom kon hulle op God staatmaak vir verlossing.
Die kerk van die Here het nog altyd bedreigings van buite ervaar. Tog het God nooit die kerk verlaat nie. Hy is op die troon. Ons het nie swaarde of wraak nodig nie. Die Here is in beheer en sal altyd sy mense beskerm.
Magtige God en Vader, dankie dat U u kerk te midde van elke bedreiging beskerm, ter wille van Christus. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie