Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Joël 1:12: “Daar het ’n einde gekom aan die vreugde van die mense.”
Sprinkane is vernietigend. Joël beskryf dit. Dit is soos ’n nasie wat hulle land binnegeval het. Dit raak feitlik elke aspek van hul lewens.
Die doel is dat die mense tot bekering moet kom (1:13). Die mense kla omdat die wingerde verwoes is (1:5). Die priesters moet treur, want daar is geen offers om te bring nie (1:9,13). Die boere moet treur omdat hulle saaiery niks opgelewer het nie en pakhuise leeg is (1:16,17). Die diere ly honger omdat die veld opgevreet word (1:18). Dis ’n groot ramp. Almal, mens en dier, ly. Daar is geen vreugde nie (12).
Dit pas kinders van die Here om met elke ramp en elke vorm van lyding in bekering voor die Here te buig. ’n Mens toon nie net berou oor iets in jou lewe nie. Ons doen dit ook omdat ons deel is van die gebroke wêreld. In tye van lyding toon ons berou omdat ons deel is van die mensdom van sondaars vir wie Jesus met sy lewe moes boet. Daarom moet elke gebrokenheid in hierdie wêreld vir ons ’n rede wees om te sê dat ons jammer is vir ons bydrae tot hierdie ellende, of dit is as gevolg van ons aktiewe betrokkenheid of ons nalatigheid.
Here, ek bely voor U dat ek ook deur my sonde bygedra het tot die gebrokenheid in die wêreld. Vergewe my asseblief ter wille van Jesus Christus. Amen

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie