Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Joël 2:1: “Die dag van die Here is ’n groot dag, ’n verskriklike dag; wie is daarteen bestand?”
Lyding is oral. As jy nog nie lyding ervaar het nie, wees net geduldig. Dit sal kom!
God se mense ly. Joël sê dat dit God se straf is. Dit is die dag van die Here. Die sprinkane is soos ’n leër wat nie gestop kan word nie (2:8). Mense, nasies en selfs die aarde en die hemele bewe (2:1,6,10). Die Here se dag neem dus globale en kosmiese afmetings aan. Hoekom word hierdie dinge beskryf? Is dit net ’n voorspelling dat die mense sal swig voor die naderende ramp? Nee, die doel is dat mense voor die Here moet buig en tot bekering moet kom.
Ek dink dat lyding ’n positiewe doel kan hê. Vanuit ’n geloofsperspektief kan dit ons van ons rusteloosheid en selfvoldaanheid genees. Die bekende skrywer CS Lewis het die baie bekende stelling gemaak: God fluister vir ons in ons vreugde, praat met ons deur ons gewete, maar skree in ons lyding. Lyding is sy megafoon om ’n dowe wêreld wakker te maak.
Soms word lyding deur God gebruik om die oorpluisies uit ons ore te verwyder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie