Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Kolossense 1:19: “God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon.”
As God net naby my kon wees. Dit is die begeerte van baie mense in nood. Stel jou voor dat jy in die tyd van Paulus gelewe het. Griekse filosofie het ’n groot invloed op menslike denke gehad. In sommige groepe het hulle geglo dat daar twee wêrelde bestaan, naamlik die goeie “geestelike” en die slegte “materiële” wêreld. Daar is ’n onoorbrugbare kloof tussen hierdie twee wêrelde. Plato het gesê dat ons liggaam net ’n tronk is waarin die siel leef totdat die liggaam sterf. Dan gaan die siel terug na waar dit vandaan gekom het – na die geestelike of goeie werklikheid. Dit was daarom onmoontlik om te dink dat God mens kon word en naby ons kon wees. Die goddelike kon nie in die fisieke of materiële wêreld leef nie. Daarteenoor het Christene van baie vroeg af hierdie lied gesing wat Paulus aanhaal. Jesus is die beeld van God. Die menslike Jesus, is niemand anders nie as die een in wie die onsigbare God gesien kan word (1:15). God het as ’n fisiese mens in Hom kom woon (1:19). Die spanning tussen die geestelike en materiële wêreld is deur Jesus Christus oorbrug. Hy is die middelaar deur wie God die ewigheid met tyd verenig. God het inderdaad deel geword van ons wêreld “bose” wêreld (1:16). Dit is hoe lief God jou gehad het!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie