Bybelse wysheid (002)
Bybelse wysheid (002)

Bybelse wysheid

Sanet Pearson
DR. ANNES NEL

Romeine 13:8: “Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê. Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit.”

Talle bankbestuurders slaap sleg. Hulle is bekommerd oor krediet wat hulle goedgekeur het vir ’n kliënt wat dit nie gaan terugbetaal nie.

Die Bestuurder van ons lewens sê dat ons net een vorm van skuld moet hê: liefde vir ons medemens. Die hele wet, sê Paulus, word daarin saamgevat. Ons betaal hierdie skuld terug deur niemand skade te berokken nie (13:10). Jaloesie, diefstal, egbreuk, moord en slegte gewoontes het geen plek in ’n lewe van Christelike liefde nie. Hierdie dinge het nie die welsyn van diegene rondom ons in gedagte nie. Dit maak hulle seer. As ek ernstig is oor God se liefde, sal ek nie ander seermaak nie, maar alles doen om hulle welstand te bevorder.

Die skuld van liefde teenoor ons medemens beteken dat ons ons eie belange sal prysgee en ’n fontein van liefde sal word waaruit mense kan drink. Dit is heel moontlik om dit te wees. God het sy liefde deur die Heilige Gees in ons lewens uitgestort (5:5). Hy is die ware bron van liefde. Hy stel ons in staat om die liefdesrekening te betaal.

God gee jou die geleentheid om vandag te begin om die skuld van liefde aan mense rondom jou te vereffen. Begin vandag om hierdie skuld te betaal!

Gees van God, vul my vandag met u liefde, in Jesus se Naam. Amen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 37° Rundu: 22° | 38° Eenhana: 21° | 37° Oshakati: 22° | 34° Ruacana: 19° | 37° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 21° | 36° Omaruru: 20° | 38° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 18° | 34° Henties Bay: 14° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 18° | 34° Mariental: 18° | 35° Keetmanshoop: 18° | 35° Aranos: 17° | 35° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 14° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 7° | 24° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 24° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 13° | 27° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 30° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!