Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hosea 4:1: “Omdat trou, liefde en toewyding aan die wil van God in die land ontbreek. . .”
Dis baie ongemaklik om in gesprekke te wees wanneer mense nie weet daar is ’n predikant teenwoordig nie. Mense het geen maskers en geen inhibisies nie. Hulle sê wat hulle wil en doen wat hulle wil, totdat ... Totdat hulle uitvind dat daar ook ’n predikant is. Die taal en gewoontes verander amper onmiddellik. Sommige van hierdie mense sou selfs sê hulle gaan ook kerk toe en hulself Christene noem.
Moenie my verkeerd verstaan nie: ek oordeel hulle nie. Ek sien myself in hulle. Hoeveel keer het ek presies gedoen wat hulle doen en sê omdat ek vergeet het dat my lewe 24/7 in die teenwoordigheid van God geleef behoort te word.
Hierdie gesindheid is so oud soos die berge. Israel het goed daarin geslaag. Daar is geen werklike getrouheid en toewyding aan God in die land nie (4:1). Die basiese waardes van die lewe saam met God het verdamp. Die simptome is egbreuk, diefstal, moord, valsheid en vervloeking (4:2). Dit is duidelik: die verhouding met God en medemens kan nie geskei word nie. Ons kan nie sê ons het God lief terwyl ons ons broer of suster haat nie (1 Johannes 4:19-21). Sosiale geregtigheid en die verhouding met God het alles met mekaar te doen.
Here, leer ons om U bo alles lief te hê en mekaar lief te hê, ter wille van Christus. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie