No Image Caption

Bybelse wysheid

Sanet Pearson
DR. ANNES NEL

Kolossense 4:2: “Volhard in die gebed!”

Martin Luther het gesê ’n Christen bid altyd, of hy slaap of wakker is, want sy hart bid dag en nag in stilte.

Dit is wat Paulus Christene oproep om te doen. Paulus wil hê dat mense ook vir hom moet bid. Hy wil voortgaan met sy werk om die wonderlike geheim van Christus aan die wêreld te verkondig (4:4).

Hierdie boodskap is nie gewild in ons dag nie. Baie magte probeer hierdie werk verongeluk. Paulus weet dat God alleen die deure vir die evangelie oopmaak. Gebed is die manier waarop ons hierin deel. Ronald W Higdon skryf: “Die eerste les oor gebed is: Hou net aan om dit te doen. Moenie ophou vra, soek en klop nie.”

Almal van ons kan nie voltydse sendelinge in verafgeleë plekke wees nie. Tog kan ons bid vir diegene wat gaan. Dit is hoe ons medewerkers word van diegene wat namens ons gaan.

Hou aan bid vir geleenthede dat die evangelie verkondig kan word. Jy word geroep om dit elke dag te doen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!