No Image Caption

Bybelse wysheid

Sanet Pearson
Jesaja 58:5: “Is dit ál wat Ek op ’n vasdag wil hê: net dat ’n mens homself verneder, dat hy sy nek buig soos ’n biesie en in sak en as sit? Noem jy dít ’n vasdag, ’n dag waarvan die Here hou?”

Die stigter van die Heilsleër, William Booth, het gesê dat die evangelie oor seep, sop en saligheid gaan. Hy was reg.

Bekering en selfondersoek, ware vas is nie privaat nie. Dit word maar op straat, onder die mense in nood gedoen (58:6,7). Ware bekering is om terug te keer na God se mense in nood. Ware vas beteken om geregtigheid lief te hê en op te staan vir die veronregtes (58:6-9).

Dit is nie wat ons wil hoor nie. Luister mooi: hierdie verse hou verband met die laaste oordeel in Matteus 26:31-46. Die egtheid van ons geloof sal getoets word volgens maatskaplike geregtigheid, nie deur vas en biddae nie.

Moeder Teresa het gesê daar is miljoene mense wat sterf omdat hulle nie brood het nie, wat swak word omdat hulle nie liefde of erkenning kry nie. Eensaamheid is die ergste vorm van armoede.

Ja, dit is goed om soms te onttrek om te hoor wat God se wil is. Tog, terwyl mense wat deur God gemaak is rondom ons vergaan van honger, koue en eensaamheid, is God se wil baie duidelik: doen iets!

Ware vroomheid is nie vas nie. Jy is vroom as jy mense in nood help.

Vader wat omgee, dankie dat ek u omgee met ander kan deel. Amen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!