Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
1 Johannes 5:1: Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is ’n kind van God; en elkeen wat vir die Vader liefhet, het ook die ander lief wat kinders van die Vader is.”
Hoe weet ons of iemand ’n Christen is? Hierdie vers is die antwoord. Die kern van geloof is verbind met die kern van die lewenswyse van gelowiges. Kinders van God bely dat Jesus die Christus is. Kinders van God toon liefde teenoor hulle medemens.
Johannes maak dit duidelik: as ons uit God gebore is, met ander woorde, as ons Christene geword het deur God se vaderlike liefde, verander dinge in ons. Ons geloof in Christus bring liefde teweeg. In verbondenheid en gemeenskap met Jesus Christus, oorwin ons die sondige wêreldse gesindhede om ons liefde vir God te isoleer van ons liefde teenoor alle mense.
Gees van liefde, vul ons met liefde vir U en ons medemens, om Christus ontwil. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie