Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Jeremia 31:33: “Ek sal my woord op hulle harte skryf en dit in hulle gedagte vaslê. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees.”
Francois Fenelon (1651-1715) is deur Pous Innocentius XII as priester afgesit. Een van die redes was omdat Hy God te veel liefgehad het en die mens te min. Fenelon skryf iewers dat God van ons vra dat ons wil nie meer tussen God en enige skepsel verdeel sal word nie. Om alles vir God te gee is nie te veel nie.
Sal dit ooit gebeur dat mense God nie dien omdat hulle voel die kerk verwag dit nie, maar omdat hulle God liefhet? Selfs Christene keer hulle rug op God en haat hulle naaste. Ons dien God dikwels vir die voordele.
Ja, die profeet sê dat God sy woorde op ons harte sal skryf. God se wet of Torah, sal ons leefstyl word! Wat ’n wonderlike woord was dit nie vir mense in ballingskap nie: God kom in absolute vryheid en sê: Ek sal jou God wees en julle my volk. Ek neem verantwoordelikheid vir ’n nuwe begin. Selfs ballingskap kon nie God se nuwe begin keer nie! (31:35-37)
As Christene weet ons dit is wat gebeur wanneer die Gees van God ons lewens gevul het! Ja, ons was ontrou, maar God is getrou! Vergifnis bly die ongelooflike wonderwerk wat tyd uitwis (Miskotte).
Here, dankie dat U ons sal verander, deur die krag van u Gees. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie