Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Psalm 64:11: “Laat die regverdige hom in die Here verbly en sy toevlug by Hom soek, laat al die opregtes Hom prys.”
Baie mense sal erken dat die onwaarhede wat oor hulle vertel word, hulle meer seergemaak het as wanneer iemand hulle besittings gesteel het. Die digter van hierdie Psalm het hierdie vorm van diefstal met die tong ervaar – agterbaksheid, rugstekery, oneerlikheid en skelmstreke (64:2-7).
Johannes Calvyn skryf dat valse beskuldigings en laster dikwels veel meer skade as fisiese diefstal veroorsaak. Daarom, as ons God wil gehoorsaam, moet ons die eer van ons naaste handhaaf.
Die Psalmdigter kon homself nie verdedig nie. Die enigste persoon wat regtig sou luister, is God (64:2). Hy kruip weg op die veiligste plek wat hy ken. God is sy toevlug (64:11). Hy weet dat die Here uiteindelik sal sorg dat reg geskied (64:8,9). Dan sal mense besef dat hulle wat oordeel, met die eintlike Regter van almal te doen sal hê (64:9,10). Ja, ons is heeltemal weerloos oor wat ander van ons sê. Ja, wat hulle doen is nie reg nie. Mense vernietig ons menswees, steel ons entoesiasme en visie met hul praatjies, maar uiteindelik is hulle nie die beoordelaars van ons lewe nie. Ja, dit kan ons toekoms beïnvloed, maar uiteindelik kan dit nie God se liefde en sorg vir ons verander nie. Skuil by God. Dit is die enigste veilige plek.
Here God, maar laat my te alle tye by U skuil. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie