Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
1 Johannes 5:16: “As iemand sy broer sonde sien doen wat nie tot die dood lei nie, moet hy bid en God sal die broer die ewige lewe gee.”
Johannes het in sy brief beklemtoon dat ons vergifnis van sonde en die ewige lewe deur Christus ontvang (1:8-2:1; 2:12; 5:11-12). Ons is uit die dood, duisternis en boosheid gebring na die lig van lewe en oorwinning. God het deur sy genade ons Vader geword (5:20). Verder beskerm Hy ons ook sodat ons nie meer in die greep van die bose is nie. (5:18). Ja, ons sondig steeds, maar ons hou nie aan om dit te doen asof ons steeds deur die bose beheer word nie.
Hierdie gawe het ons ook ’n taak van liefde gegee. Deel van hierdie liefde is om te bid vir hulle wat, soos ons, dikwels struikel. Die sonde wat nie tot die dood lei nie, is ons daaglikse oortredings as gevolg van ons swakheid.
Douglas Steere het geskryf dat om vir ander te bid, is om in God se werk te deel. Wanneer ons ander mense se lewens voor God bring, hulle blootstel aan die liefde van God, val die mure wat ons skei en word ons saamgebind as een groot, intieme familie. Daar is geen groter intimiteit as wanneer ek vir iemand bid nie.
Tog is daar sonde wat tot die dood lei – die verwerping van die Seun van God wat mens geword het (2:16-17).
Here, ons bid vir alle mense wat met sonde worstel. Bevry hulle deur u liefde, in Jesus se naam. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie