Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Markus 4:41: “Hulle was verskrik en vra vir mekaar: Wie is dit? Selfs die wind en die branders gehoorsaam hom!”
Die stilmaak van die storm help ons om te verstaan wie Jesus is. Net God kan die kragte van die natuur beheer.
Martin Luther vergelyk ons lewe met ’n bootreis op pad na ’n veilige hawe. Die golwe is groot en ons boot nie sterk nie. Om ons by veilige hawe te bring het ons ’n goeie stuurman nodig. Hierdie stuurman is God. Ongelukkig, sê Martin Luther, gebeur dit dikwels dat ons die stuurman uit die boot gooi. Dan beland ons boot op die rotse. Gelowiges wêreldwyd het dit nie maklik nie. Die magte van die hel is teen ons. Ons sal soms moed verloor omdat ons dubbelvisie het. Ons kyk eerder na die chaos as na God wat Homself in Jesus geopenbaar het. Hy heers oor die magte van die natuur en chaos. Laat ons Hom nie uit die boot gooi nie, maar erken wie Hy is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie