No Image Caption

Bybelse wysheid

Sanet Pearson
DR. ANNES NEL

Markus 10:45: “Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.”

Johannes en Jakobus (in Markus 10) wou mag en indrukwekkendheid hê. Jesus het drie keer beklemtoon dat Hy nie gekom het om die tradisionele verwagtinge van ’n koning te vervul nie. Hy het gekom om te dien en te sterf!

Jesus leer die pad van God se koninkryk. Die doel van sy koms was om te dien, om sy lewe weg te gee. Mense wat Hom volg, moet bereid wees om ook lyding soos Hy te ervaar (10:38-39). Dis die pad van die kruis.

Om Jesus te volg is om na ons lewens te kyk vanuit die perspektief. Dié gesindheid vind ons nie in die samelewing nie, dikwels ook nie in die kerk nie.

Dikwels is lidmate-leiers beïndruk deur en aangetrokke tot mag en invloed. Jesus sê dat dit wêrelds is. Dit is nie die weg van die evangelie nie. Magsbehepte kerke en leiers is ’n skande vir die pad van die kruis – die evangelie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!