Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Deuteronomium 29:19: “As daar so iemand is, so ’n gifwortel wat alles kan vergiftig, kan hy homself dalk probeer gerusstel wanneer hy hierdie woorde hoor, en kan hy dalk sê: ‘Ek is veilig al volg ek my eie harde kop.’ Maar dit sal lei tot ellende en swaarkry...”
Maureen Murphy skryf spottend dat daar ’n rede is waarom daar so min vrouepolitici is. Dit sal te moeilik en te tydrowend wees om twee gesigte te grimeer. Ongelukkig is dit nie net politici wat tweegesigte is nie. Ons faal almal om op een of ander manier om met integriteit te leef. Ons beloftes voor God en ons alledaagse lewe is dikwels so ver van mekaar verwyder dat ons net sowel nie die beloftes moet maak nie.
In Deut 29 en 30 sien ons ’n tipiese vorm van ’n Ou Nabye Oosterse verdrag. Daar is ’n historiese voorwoord, ’n klomp bepalings of voorskrifte, seëninge en vloeke en getuies. Israel het geweet van God se wonderlike dade (29:2-3, 5-6). Tog het dit nie ’n verskil gemaak nie (29:4). Die Here waarsku ’n lewe met twee gesigte lei uiteindelik tot die vergiftiging van alles.
Jy ken die goeie nuus van God se liefde vir jou. Kom ons dien die Here vandag met opregtheid. Op hierdie manier sal ons wys dat ons voortdurend onthou wat Hy vir ons gedoen het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie