Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Psalm 8:7: “U laat hom heers oor die werk van u hande, U het alles aan hom onderwerp. . .”
Pous Johannes Paulus II het tereg gesê die Skepper het hierdie wêreld aan ons toevertrou as ’n gawe van verantwoordelikheid. Hierdie woorde is ernstig in ons dae. Ons hoor van aardverwarming en die verwoestende uitwerking wat dit reeds op die planeet het. Of ons met hierdie teorieë saamstem of nie, is nie die kwessie nie. Die saak staan vas dat God hierdie wêreld as geskenk gegee het, maar ook as verantwoordelikheid. Ons moet daarvoor sorg.
Psalm 8 sing nie oor die mens se grootheid nie, maar oor die Here se heerskappy. Anders as die nasies rondom hulle het Israel nie die son, maan of sterre as gode aanbid nie. God het dit wat hulle bure as gode aanbid het, met sy vingers gemaak (8:4,7).
Tog het Hy hierdie skepping aan ons gegee om te geniet en te gebruik, maar ons is nie die uiteindelike heersers nie. As God se verteenwoordigers moet ons die integriteit van die skepping ernstig opneem. Dit is die werk van Sy hande. Die skepping is nie ons eiendom nie. Dit behoort aan God. Daarom moet ons elke hulpbron met sorg en in verantwoordelikheid aan Hom bestuur. Ons moet alle lewe – mens-, plant- of dierelewe met passie en verantwoordelikheid beskerm.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie