No Image Caption

Bybelse wysheid

Sanet Pearson
DR. ANNES NEL

Efesiërs 1:22: “... aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk.”

Elke gemeente het ’n “sheriff”. Soms is dit die predikant of pastoor, of ’n prominente of invloedryke ouderling van die gemeente. Niemand kan in die gemeente iets beplan of doen as hierdie mense nie “toestemming” gee nie! As iemand iets teen hulle wil doen, kom druk om hierdie planne te laat vaar in die vorm van boikot en ondermyning.

As dit die geval in jou gemeente is, is dit dalk die beste aanduiding dat Christus nie die Hoof van die gemeente is nie. Ja, God gebruik mense om in sy gemeente te werk en te lei. Die kerk is egter nie ’n demokratiese instelling waar ons net doen wat die meerderheid besluit nie. Daar is net een Hoof: Jesus Christus. Dit beteken dat ons nie namens die gemeente optree wanneer ons lei of doen wat groepsdruk van ons eis nie. Ons gehoorsaam Christus en sy Woord.

Wanneer Paulus in 1:22 sê dat alles aan die Here onderwerp is, maak hy dadelik ’n lys van magte (sien ook Rom 8:34-39). Dit is asof hy vir die kerk sê: “Sien julle die magte in die wêreld? Dit is ontelbaar! Julle is egter sy liggaam en julle is onder beheer en beskerming van hierdie Here! Alles moet gedoen en beplan word om Hom te eer.”

Here van die kerk en wêreld, maak ons gehoorsaam aan U. Amen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!