Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Rigters 7:2: “Die Here het vir Gideon gesê: ‘Ek kan Midian nie oorgee in die mag van soveel manne by jou nie. Israel sal teenoor My spog en sê: ‘Ek het myself gered’.”
Voor elke rugbywedstryd wat ek kan onthou, het ons gebid. Daar word grappenderwys gesê dat een van die bekende sportspanne ná ’n reeks verloorslae gereeld voor ’n wedstryd in die kleedkamer gebid het. Hulle sou dan gesê het: “Gee ons die oorwinning ... nie omdat ons dit verdien het nie, maar uit genade!”
Die verhaal van Gideon en die vyande van Israel word doelbewus so vertel dat daar geen twyfel kan wees oor wie werklik die oorwinning gegee het nie. Die Midianiete en Amalekiete was “so baie soos sprinkane, en die kamele kon nie getel word nie. Hulle was so baie soos die sand aan die see” (7:12).
En Gideon en sy mense? Wel, dit klink belaglik, maar hulle was net driehonderd ongewapende mans. Hulle het net “’n ramshoring en ’n leë erdekruik met ’n fakkel daarbinne” gehad (7:16). Hulle kon hoogstens ’n behoorlike geraas maak. Niemand sal oorlog voer met hierdie belaglike groep nie.
Die boodskap is duidelik. Nie mense nie, maar die Here regeer. Hy oorwin die magte. As Hy dit nie gee nie, raak ons arrogant en eis die eer vir onsself.
Dit is die boodskap van die evangelie: nie ons nie, maar God behaal die oorwinning en het dit reeds deur Jesus behaal (Kol 2:15).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie