Bybelse wysheid (002)
Bybelse wysheid (002)

Bybelse wysheid

Sanet Pearson
DR. ANNES NEL

Psalm 113:4,7: “Hoog bo al die nasies heers die Here, sy mag strek selfs oor die hemele. Die geringe help Hy op uit die stof, die arme laat Hy van die ashoop af opstaan.”

Is God in die hemel? As ek hoor hoe mense soms oor God praat, is my indruk dat God nie hier is nie. Soms is hy “die man daar bo” of meer formeel die “almagtige hemelse Vader”.

Die uitdrukking dat ons ’n vader in die hemel het, verwys nie na ’n plek nie, maar na die status van hierdie God. Hy is die Heerser en Koning. Sy teenwoordigheid is nie beperk tot die ruimte van ’n koninklike troonkamer nie.

Hy sorg vir die mense wat swaarkry. Die almagtige God is die sorgsame God, die Een wat teenwoordig is. Dit is wat Psalm 113 beklemtoon. Hy kom na mense in nood (113:5-8). Sy doel is om mense te herstel, om mense heel te maak, om gesinne te vestig waar mense gelukkig is (113:9).

God bly nie in die veiligheid van die hemel nie. Nee, God neem die risiko om so by mense betrokke te raak dat Hy sy Seun stuur. Hy gee homself aan gebroke mense, selfs tot in die dood.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!