Bybelse wysheid

Sanet Pearson
DR. ANNES NEL

Psalm 112:1: “Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien, wat al sy vreugde vind in die gebooie van die Here.”

Iemand het tereg gesê die beste evangelisasie is die leefstyl van ’n Christen. Hierdie Psalm begin met die idee dat mense van integriteit geseënd is. Ons het integriteit wanneer ons doen wat ons glo. Om die Here te vrees, is om Hom te vertrou en Hom te gehoorsaam.

Die Psalmdigter verduidelik dat die Here die gelowiges met integriteit vul. Die lewenswyse van iemand wat volgens die gebooie en krag van die Here leef, weerspieël krag (112:2), standvastigheid (112:6), vertroue (112:7,8) en hoë moreel-etiese waardes (112: 4,5,9). Die seëninge wat uit so ’n lewe vloei, is die resultaat van God se lig selfs in donker tye (112:4). Wanneer swaarkry toeslaan, is God soos ’n lig in die donker teenoor sy mense.

Hierdie gedig is waarskynlik ná ballingskap geskryf. Hulle het die swaarkry van ontworteling geken. Tog het hulle geweet dat die Here vir hulle ’n nuwe begin sal gee, selfs wanneer daar swaarkry is.

Die Psalm is eenvoudig: God se lig in duisternis verander ons lewens. Ons is mense met integriteit. Ons integriteit is ’n lig vir die mense rondom ons. Jesus sê dat ons ligte in hierdie wêreld is (Matteus 5:16). Ons weerkaats lig met barmhartigheid en geregtigheid sodat sy Naam verheerlik kan word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!