Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Romeine 8:35: “Wie kan ons van die liefde van Christus skei?”
Die bekende psigiater, Viktor Frankl, skryf oor sy ervaring van liefde en troos in ’n Nazi-strafkamp: “Ons wat in konsentrasiekampe geleef het, kan die mense onthou wat deur ons slaaplokale geloop het om ander te troos. Hulle het selfs hulle laaste stukkie brood vir ander gegee.”
Baie van hierdie mense het nie noodwendig Christelike oortuigings gehad het nie. Tog het hulle mekaar ondersteun. Hoeveel te meer moet die Christelike boodskap, dat niks ons van God se liefde deur Jesus kan skei nie, ons nie troos in tye van onsekerheid, pyn en lyding nie. Paulus noem allerhande dinge wat some deur ons ervaar word as dinge wat ons van God se liefde skei. Watter mag ons ookal aan kan dink, watter teëspoed ons ons ookal kan voorstel: God is daar met sy liefde.
Dit is die verhaal wat ons moet gaan vertel aan mense wat deur die hel van fisieke en emosionele pyn gaan. Soos mense in die Nazi-kampe moet ons hulle help om te verstaan dat ons fisiek gebreek kan word, maar dat God se liefde nie gebreek kan word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie