No Image Caption

Bybelse wysheid

Sanet Pearson
DR. ANNES NEL

Hebreërs 11:1: “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.”

Hebreërs 11 is soos ’n kunsuitstalling. ’n Mens loop van een skildery na die ander. Jy staan stil voor Moses, Abraham, Gideon, Isak en baie ander. In elke skildery sien ons dade van hoop, geloof en vasberadenheid. Dis asof hulle iets sien wat ons nie kan sien nie.

Die uitstalling gaan nie oor Moses, Abraham, Gideon, Isak en baie ander nie. Ons kan dit maklik miskyk. Dit is ’n uitstalling oor God! Op skildery na skildery sien ons dat die stad waarheen hulle op pad was, God se beloftes van trou is. Elke persoon wat in hierdie kunsgalery uitgestal word, is gedryf deur die sekerheid dat God getrou is.

Ons het almal drome. Geloof is anders. Ons gaan die toekoms in omdat God se beloftes van trou die inhoud van ons geloof is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!