No Image Caption

Bybelse wysheid

Sanet Pearson
DR. ANNES NEL

1 Korintiërs 1:9: “God is getrou, Hy wat julle geroep het om verenig te lewe met sy Seun, Christus Jesus, ons Here.”

Soms is dit moeilik om op die regte pad te bly. Soms is ons geestelik moeg. Soms verloor ons hoop en gebruik nie ons gawes nie. Soms verval ons in sonde.

Paulus het die probleme van menswees verstaan. Baie mense het nie van hom gehou nie. Hy was nie deel van die dissipelkring nie. Baie mense het sy gesag bevraagteken. Groot dele van die twee briewe van Paulus aan die Korintiërs (ons het net twee van die vier briewe) handel oor die verdediging van sy apostelskap.

Hy het ’n doring in die vlees gehad (2 Kor. 12). Ons weet nie wat dit was nie, maar hy het gesê dit was ’n boodskapper van Satan. Petrus sê dat Paulus soms te slim vir hulle was (2 Pet. 3:16). Die Korintiërs was ook nie die beste voorbeeld van Christenskap nie.

Hoe sal ons aan God getrou bly? Uiteindelik is dit net God se trouheid wat ons staande sal hou. Ons sal sonder skuld voor God staan, want deur die geloof is ons in gemeenskap met Christus (1 Kor. 1:8,9). Al misluk ons soms, sal Hy ons nie los nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!