Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Jes 60:20: “Jou son en jou maan is die Here, Hy gaan nie onder nie en word nie dof nie. Die Here sal vir jou ’n ewige lig wees, jou dae van smart is verby.”
“Some days are diamonds. Some days are stone.” So het John Denver gesing. Ons ken hierdie gevoel. Soms is die klipperige dae meer as dae. Soms word dit seisoene en dan jare en dekades. Waar is God dan? Van die donkerte van ballingskap weet hierdie volk alles. Die profeet sê dat dit nou beter sal gaan omdat God hulle God is. Hy sal met sy teenwoordigheid die donkerheid verdryf (60:2).
Die son en maan is dikwels as gode deur die omringende volke gesien. God is nie soos die son wat ondergaan of soos die maan wat dof word nie (60:20). Hy is ʼn ewige lig.
Jesus, die lig vir die wêreld, verdryf ook die duisternis in mense se lewens (Johannes 8:12). Oral waar Hy beweeg het, verdryf Hy die hartseer en siekte van mense. Aan die einde van Openbaring word Hy die blink Môrester genoem (Openbaring 22:16). Die dag van sy wederkoms beteken die einde van lyding, pyn en dood (Openbaring 21:3-4). Onthou dat Hy vandag by jou is.
Ek aanbid U, ewige Lig, deur Jesus Christus ons Heer. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie