Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Markus 14:9: “Oral waar die evangelie in die hele wêreld verkondig word, sal daar ook vertel word wat sy gedoen het, tot ’n herinnering aan haar.”
Aldous Huxley skryf dat ons koninkryk moet eindig voordat God se koninkryk kan kom.
Die verhaal van hierdie vrou wat duur olie op Jesus gegooi het, illustreer twee opponerende koninkryke. Enersyds het die dissipels wat elke dag saam met Jesus gestap het, gemengde gevoelens hieroor. In Johannes 12 is Judas die sondebok. Hy kla oor die vermorsing. Markus noem geen naam nie. Hulle kommentaar klink baie vroom en pragtig. Hulle het egter nie God se perspektief gehad nie.
Andersyds sê Jesus dat die waarde van hierdie daad die waarde oorskry wat dit vir die armes sou hê. Jesus word as koning gesalf. Die olie word immers oor Sy kop gegooi (14:3). Om dit nou te erken, is baie belangriker as om die armes te help wat ons elke dag kan help.
Daar is beslissende oomblikke in ons ontmoeting met Jesus wanneer ons Sy koningskap moet erken. Dit kom voor enigiets anders. Ons kan baie vrygewig wees om die armes te help. Dit is goed. Tog vra Hy meer as dit. Ons word opgeroep tot onverdeelde lojaliteit aan die Koning. En deur dit te doen, erken ons saam met hierdie vrou wie Hy is.
Ons eie koninkryk moet plek maak vir God se koninkryk. As ons Hom nie as koning erken nie, maak ons hulp aan die armes min sin.
Koning van alle konings, ek wy myself aan U. Amen.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie