No Image Caption

Bybelse wysheid

Yandi Du Plessis
DR. ANNES NEL

Handelinge 9:5: “Wie is U, Here?” vra hy toe. “Ek is Jesus,” antwoord Hy. “Dit is vir My wat jy vervolg.”

Bekering kan nie in vorme gedruk word nie, het Spurgeon, die prediker uit die 19de eeu, gesê. God werk op Sy eie unieke manier met elke mens. Sommige mense kom geleidelik na Christus toe. Sommige glo van kleins af in Hom en is lief vir Hom.

Ander, soos Saul, het ’n “Damaskus-ervaring”. Tot nou toe het hy die kerk van Jesus Christus vervolg (9:1,2). God het hom in sy spore gestuit. Die man wat die kerk met groot ywer en passie vervolg het, bevind hom skielik in ’n direkte ontmoeting met die lewende Christus. Hy het ontdek dat hy nie die kerk vervolg nie, maar God se eie Seun (9:4,5). Die rigting van sy lewe verander. Hy word ’n boodskapper van die een wat hy vervolg het.

Hierdie verhaal gaan egter nie oor die vorm van bekering nie. Dit gaan oor die ingryping van God in ons lewe. Wanneer God ingryp, stel Hy ons in diens van Sy koninkryk (9:6). Daarom praat Paulus later oor hierdie gebeurtenis as ’n besluit wat die Here voor sy geboorte geneem het (Gal. 1:15). Dit was God se genade.

Die vraag is nie wanneer ons Christene geword het nie. Die vraag is eerder: Hoe het ons ontmoeting met Christus die rigting van ons lewens verander?

Here, gryp elke dag in my lewe in, sodat ek U met my hele hart sal dien. Amen.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!