No Image Caption

Bybelse wysheid

Sanet Pearson
DR. ANNES NEL

Psalm 49:21: “Die mens wat met weelde en al ’n dwaas bly, is soos 'n dier wat vergaan.”

Iemand het opgemerk dat die lewe soos die einde van die skaakspel is: die koning en die pion beland in dieselfde kis. Ons vergeet dikwels dat alle mense, ryk en arm, sal doodgaan. Dit is een feit waaroor ons seker kan wees. Die “bottom line” van hierdie Psalm is duidelik: ons kan nie ons aardse besittings saamneem nie. ’n Lykswa het nie ’n sleepwa nie! Geld en posisie kan ons nie uit die dood verlos nie.

Ons glo dit nie altyd nie. Wanneer ons sien hoe ons vriende al hoe meer besittings bymekaarmaak en ons agterbly, raak ons moedeloos. Ons wil dieselfde of meer hê! Die filosoof, Arthur Schopenhauer, het gesê dat rykdom soos seewater is; hoe meer ons drink, hoe dorser word ons, en dieselfde geld vir roem.

Rykdom, sê Clementius, is soos ’n adder wat skadeloos is as ’n mens weet hoe om dit te hanteer. As ons nie weet hoe om dit te hanteer nie, sal die slang om sy hand draai en ons byt.

Die Bybel is duidelik: Wanneer ons ons hart verloor op besittings en posisies in die lewe, is dit maklik om van God te vergeet. Matteus sê dat ons skat is waar ons hart is (Matteus 6:19-21). Paulus skryf dat sommige mense geld nagejaag het en toe hulle rug op God gedraai het (1 Tim 6:10). Die slang sal ons pik.

Here, verlos ons van verkeerde prioriteite, deur Jesus Christus. Amen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!