Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Johannes 10:10: “Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.”
Leef jy of bestaan jy net? Daar is twee Griekse woorde wat na hierdie twee gedagtes verwys. Die een is bios. Ons bestaan biologies. Ons bestaan van dag tot dag.
Die ander is zoe. Dit is die woord wat Jesus in Johannes 10 gebruik. Dit is die werklike lewe!
Alister McGrath sê dit gaan daaroor dat ons weet waarvoor ons geroep is. Dit is ’n ander lewenskwaliteit. Dit gaan veel verder as blote bestaan. Ons taak, sê hy, is om mense te help om te ervaar hoe ’n biologiese bestaan ’n sinvolle lewe word. Dit is ’n sentrale boodskap van die Christendom: Christus gee ons lewe in oorvloed.
C.S Lewis het ook daarna verwys in sy boek Mere Christianity. Ek vertaal vrylik: “’n Biologiese lewe neig om te vergaan.” Ons moet dit voed. Dit is ’n skaduwee van die werklike lewe: “’n Mens wat verander het van bios na zoe het deur so ’n groot verandering gegaan soos ’n standbeeld wat verander het van ’n gekerfde klip na ’n regte mens. . . Ons is die standbeelde en daar is ’n gerug wat deur die winkel gaan dat sommige van ons eendag lewend gaan word.”
Jesus sê dit is hoekom Hy gekom het – om ons blote bestaan in lewe te verander. Hy gee dit verniet!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie