No Image Caption

Bybelse wysheid

Sanet Pearson
DR. ANNES NEL

1 Petrus 4:19: “Daarom moet dié wat ly omdat God dit wil, hulle lewe toevertrou aan die getroue Skepper, en aanhou goed doen.”

Miskien vind jy hierdie vers skokkend. Kan ons ooit ly omdat dit God se wil is? Is die verskriklike lyding in hierdie wêreld sy wil? Is dit nie in stryd met God se karakter van regverdigheid nie? Is die opstanding van Christus nie die duidelikste uitdrukking van God se weerstand teen alle dood en boosheid nie?

Ja. God is teen dood en lyding. Tog is daar een soort lyding wat die wil van God is. Dit is die lyding ter wille van Christus.Die mense aan wie Petrus skryf was maar ’n klein minderheid in die heidense omgewing waarin hulle geleef het.

Matteus 10 sê dat elke persoon wat Jesus volg dieselfde pad as hulle Meester mag loop (10:24). As hulle Jesus gekruisig het, sal sy dissipels ook in sy lyding deel. Ons sal nie noodwendig soos ons Here gekruisig of doodgemaak word nie, maar ons sal lyding of verwerping verduur.

Daarom kan ons bly wees oor hierdie soort lyding. Dit help ons om aan Jesus alleen vas te klou vir lewe en dood. Dit herinner ons ook daaraan dat ons deel het aan die lyding van Christus.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!