No Image Caption

Bybelse wysheid

Sanet Pearson
DR. ANNES NEL

Psalm 14:5,6: “Omdat God aan die kant van die regverdiges is, sal daar niks kom van julle planne teen die hulpelose nie.”

Psalm 14 word amper woordeliks in Ps 53 herhaal. Die groot verskil is die gebruik van die name van die Here. Psalm 14 gebruik die “Here”. Dit is sy verbondsnaam. Psalm 53 praat van “God”. Dit is die God van die wêreld, die een met gesag oor die hele aarde.

Mense wat God nie herken nie, is korrup, sê beide Psalms. Hierdie werklikheid is nie beperk tot ’n groep mense of ’n nasie nie. God sien geen goeie mense nie! Beide Psalms beklemtoon een belangrike punt. Ten spyte van die werklikheid van die bose, is die Here steeds in beheer en beskerm Hy die regverdiges. Of dit nou die Here van die verbond of die God van die wêreld is, Hy handhaaf die regte van mense wat deur korrupte mense benadeel word. Hy is by hulle (14:6). Ons kan altyd staatmaak op sy teenwoordigheid te midde van boosheid.

Ja, God se oordeel is nie altyd skielik en sigbaar nie, maar ons het hoop! Christene, God se mense deur geloof in Christus, kan God loof vir die uitkoms wat op ons wag.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!